bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 12
Psalms 12
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Op “Die agtste”. 'n Psalm. Van Dawid.
2
Verlos tog, Here! Want daar is nie meer getroue volgelinge nie; die betroubares onder die mense het verdwyn.
3
Die een mens belieg die ander; met vleiende lippe praat hulle uit twee monde.
4
Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tonge wat grootpraat,
5
hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?”
6
“Vanweë die geweld teen die magteloses, die gesug van die behoeftiges, gaan Ek nóú opstaan,” sê die Here. “Ek sal hulle wat daarna smag na veiligheid bring.”
7
Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltoond in die grond, dit is sewe maal gesuiwer.
8
U, Here, moet hulle beskerm; U moet elkeen altyd veilig hou teen hierdie geslag.
9
Oral loop goddeloses rond, terwyl die gemeenheid van mensekinders hoogty vier.
← Chapter 11
Chapter 13 →