bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 129
Psalms 129
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Van my jeug af het hulle my dikwels aangeval – laat Israel dit sê –
2
van my jeug af het hulle my dikwels aangeval, tog kon hulle nie oor my die oorhand kry nie.
3
Ploeërs het oor my rug geploeg, hulle ploegvore lank getrek;
4
maar die Here is regverdig – Hy het die goddeloses se toue stukkend gesny.
5
Mag almal wat Sion haat, beskaamd staan en terugdeins.
6
Mag hulle wees soos gras op dakke, wat verdroog voordat dit uitgetrek word,
7
wat nooit die handpalm vul van een wat oes, of die vou van die kleed van een wat gerwe bind nie.
8
En mag verbygangers nie sê nie: “Die seën van die Here vir julle; ons seën julle in die Naam van die Here. ”
← Chapter 128
Chapter 130 →