bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 130
Psalms 130
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here.
2
My Heer, hoor tog my stem, laat u ore aandagtig luister na my smeekbedes.
3
As U sondeskuld toereken, Here – my Heer, wie kan dan staande bly?
4
Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.
5
Ek wag op die Here; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop.
6
My hele wese wag op my Heer, meer as wagte op die môre, ja, wagte op die môre.
7
Israel, vestig jou hoop op die Here; want by die Here is troue liefde, by Hom is volkome bevryding.
8
Dit is Hy wat Israel bevry van al sy sondeskuld.
← Chapter 129
Chapter 131 →