bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 128
Psalms 128
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!
2
Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou.
3
Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok in die binnekamers van jou huis. Jou kinders is soos olyfboompies om jou tafel.
4
Kyk, so sal die man geseën word wat vir die Here ontsag het.
5
Mag die Here jou seën uit Sion, sodat jy al die dae van jou lewe die goeie van Jerusalem sal geniet,
6
en mag jy jou kinders se kinders sien. Vrede oor Israel!
← Chapter 127
Chapter 129 →