bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 125
Psalms 125
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Hulle wat op die Here vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, wat vir altyd vasstaan.
2
Jerusalem word omring deur berge; die Here omring sy volk van nou af tot in ewigheid.
3
Ja, die goddelose septer sal nie rus op wat aan die regverdiges toegeken is nie, sodat die regverdiges nie hulle hande na onreg uitsteek nie.
4
Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte.
5
Maar dié wat afdraai op kronkelpaaie – die Here sal hulle laat weggaan saam met dié wat onreg pleeg. Vrede oor Israel!
← Chapter 124
Chapter 126 →