bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 126
Psalms 126
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was ons soos mense wat droom.
2
Daarna is ons monde met gelag gevul, ons tonge met jubelkrete. Toe is onder die nasies gesê: “Die Here het iets groots gedoen aan hierdie mense.”
3
Die Here het iets groots aan ons gedoen. Ons was verheug.
4
Verander weer ons lot, Here, soos stroombeddings in die Negev.
5
Dié wat met trane saai, sal met jubelkrete maai.
6
Die draer van die saadsak wat loop en huil, sal beslis terugkom met jubelkrete terwyl hy sy gerwe dra.
← Chapter 125
Chapter 127 →