bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 124
Psalms 124
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie – laat Israel dit sê –
2
as die Here nie vir ons was toe mense teen ons opgestaan het nie,
3
dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het;
4
dan het die water ons oorspoel, 'n stroom ons oorweldig;
5
dan het die tierende waters ons lewens oorweldig.
6
Die Here moet geprys word, Hy wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie.
7
Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug.
8
Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
← Chapter 123
Chapter 125 →