bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 122
Psalms 122
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here. ”
2
Ons voete staan in jou poorte, Jerusalem –
3
Jerusalem, gebou as 'n stad wat as 'n eenheid saamgebind is,
4
waarheen die stamme optrek, die stamme van die Here, soos aan Israel voorgeskryf is, om die Naam van die Here te prys.
5
Want daar staan trone vir regspraak, die trone van die huis van Dawid.
6
Bid vir die vrede van Jerusalem: “Mag dié wat jou liefhet, rustig leef;
7
mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings. ”
8
Ter wille van my •broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!”
9
Ter wille van die huis van die Here ons God wil ek die goeie vir jou nastreef.
← Chapter 121
Chapter 123 →