bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 121
Psalms 121
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom?
2
My hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het.
3
Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie.
4
Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.
5
Die Here is jou Beskermer; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.
6
Bedags sal die son jou nie skaad nie, en snags ook nie die maan nie.
7
Die Here sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm.
8
Die Here sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.
← Chapter 120
Chapter 122 →