bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 120
Psalms 120
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
'n •Pelgrimslied. Na die Here het ek in my nood geroep en Hy het my geantwoord.
2
Here, bevry my lewe, van lippe wat lieg, van 'n tong wat bedrieg.
3
Wat moet Hy jou gee, en wat moet Hy vir jou byvoeg, bedrieglike tong?
4
Die skerpgemaakte pyle van 'n held saam met gloeiende kole van 'n witbesembos!
5
Wee my, want ek vertoef as 'n •vreemdeling in Meseg; ek woon by die tente van Kedar.
6
Te lank woon ek by hulle wat vrede haat.
7
Ek is vir vrede, maar wanneer ek praat, is hulle gereed vir oorlog.
← Chapter 119
Chapter 121 →