bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 11
Psalms 11
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Vir die •musiekleier. Van Dawid. By die Here skuil ek; hoe kan julle dan vir my sê: “Vlug soos 'n voël na die berge,
2
want kyk, die goddeloses span 'n boog, hulle sit hulle pyle op die boogsnaar om in die donker op die opregtes van hart te skiet.
3
As die fondamente afgebreek word, wat kan 'n regverdige dan doen?”
4
Die Here is in sy •heilige paleis, die Here – in die hemel is sy troon. Sy oë sien; sy blik toets die mensekinders.
5
Die Here – 'n regverdige toets Hy, maar in 'n goddelose en iemand wat geweld liefhet, het Hy 'n weersin.
6
Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën – vuur en swael en 'n verskroeiende wind; dit is wat hulle toekom, dit is hulle beker.
7
Want regverdig is die Here, Hy het geregtigheid lief, opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar.
← Chapter 10
Chapter 12 →