bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 113
Psalms 113
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Loof, diensknegte van die Here, Loof die Naam van die Here.
2
Mag die Naam van die Here geprys word, van nou af tot in ewigheid.
3
Mag, van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, die Naam van die Here geloof word.
4
Hoog bo al die nasies is die Here; bo die hemel is sy heerlikheid.
5
Wie is soos die Here, ons God, wat hoog woon,
6
wat laag afkyk op die hemel en die aarde –
7
Hy wat hulpeloses uit die stof laat opstaan, van die ashoop af behoeftiges verhef
8
om hulle by vooraanstaandes te laat sit, by die vooraanstaandes van sy volk,
9
Hy wat aan die onvrugbare vrou van die huis 'n tuiste gee – 'n gelukkige moeder van kinders. Halleluja!
← Chapter 112
Chapter 114 →