bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 114
Psalms 114
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met 'n vreemde taal,
2
het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied.
3
Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins.
4
Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers.
5
Wat gaan met jou aan, see, dat jy vlug, Jordaan, dat jy terugdeins,
6
berge, dat julle soos ramme bokspring, en julle, heuwels, soos lammers?
7
Sidder, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob,
8
wat die rots verander het in 'n waterryke vleiland, die vuursteen in 'n waterfontein.
← Chapter 113
Chapter 115 →