bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 112
Psalms 112
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die Here, wat groot vreugde vind in sy gebooie.
2
Sy nageslag sal magtig wees in die land – 'n geslag opregtes wat geseën word.
3
Oorvloed en rykdom is in sy huis, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
4
Hy skyn in die duisternis as 'n lig vir die opregtes; hy is genadig, barmhartig en regverdig.
5
Dit gaan goed met 'n mens wat goedhartig is en uitleen, wat sy sake eerlik bestuur;
6
want hy sal nooit wankel nie. 'n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.
7
Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die Here.
8
Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie; uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders.
9
Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges; sy geregtigheid hou stand vir altyd; met waardigheid styg sy aansien.
10
Die goddelose sien dit en vererg hom; hy kners op sy tande, maar kwyn weg. Die begeerte van goddeloses gaan tot niet.
← Chapter 111
Chapter 113 →