bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 111
Psalms 111
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Halleluja! Ek wil die Here prys met my hele hart, in die kring van opregtes en in die byeenkoms.
2
Indrukwekkend is die werke van die Here, 'n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.
3
Vol luister en glansrykheid is wat Hy doen, en sy geregtigheid hou stand vir altyd.
4
Hy het bewerk dat sy wonders onthou word. Genadig en barmhartig is die Here.
5
Hy het kos gegee aan wie vir Hom ontsag het. Hy hou vir ewig sy verbond in gedagte.
6
Die krag van sy dade het Hy aan sy volk bekend gemaak deur die erfdeel van nasies aan hulle te gee.
7
Die werk van sy hande is betroubaar en reg. Betroubaar is al sy opdragte,
8
bestendig vir altyd, vir ewig – dit word nagekom in trou en opregtheid.
9
Verlossing het Hy vir sy volk gestuur. Hy het sy verbond vir ewig voorgeskryf. Heilig en ontsagwekkend is sy Naam.
10
Die begin van wysheid is ontsag vir die Here; almal wat sy opdragte uitvoer, het goeie insig. Sy lof hou vir altyd stand.
← Chapter 110
Chapter 112 →