bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
/
Psalms 110
Psalms 110
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
1
Van Dawid. 'n Psalm. Dit is die uitspraak van die Here vir my heer: “Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande 'n voetbank vir jou voete maak.”
2
Uit Sion stuur die Here jou magtige septer: “Heers te midde van jou vyande!
3
Jou volk bied hulleself gewillig aan op die dag van jou magsvertoon op die heilige berge. Uit die skoot van die daeraad het Ek jou soos dou verwek.”
4
Die Here het 'n eed afgelê en Hy sal nie spyt wees nie: “Jy is priester vir altyd volgens die orde van Melgisedek.”
5
My Heer, die een aan u regterhand verpletter konings op die dag van sy toorn.
6
Onder die nasies voltrek hy die vonnis – dit is vol lyke; hy verpletter hoofde oor 'n groot gebied.
7
Op pad drink hy uit die spruit; daarom sal hy sy hoof hoog hou.
← Chapter 109
Chapter 111 →