bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 87
Psalms 87
Afrikaans 1983
1
Van die Koragiete. 'n Psalm. 'n Lied. Die fondament van Sion is die heilige berg.
2
Die Here het vir Sion lief meer as enige ander plek in Jakob.
3
Daar word groot dinge van jou gesê, stad van God: Sela
4
“Ek reken onder dié wat my ken ook die mense van Egipte en Babel, selfs dié van Filistea, Tirus en Kus. Hulle het almal kinders van Sion geword.”
5
Daarom word van Sion gesê: “Daar is hulle man vir man gebore; die Allerhoogste hou Sion in stand.”
6
As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe: “Hierdie een is ook 'n kind van Sion.” Sela
7
Met sang en dans sal almal Sion prys.
← Chapter 86
Chapter 88 →