bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 88
Psalms 88
Afrikaans 1983
1
'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Heman die Esragiet.
2
Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U.
3
Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep.
4
Die swaarkry het vir my te veel geword: ek vat al aan die doderyk,
5
ek staan al met die een voet in die graf, ek het geen krag meer nie.
6
Dit is asof ek al tussen die dooies is, tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê, dié aan wie U nie meer dink nie en van wie U u hand teruggetrek het.
7
U het my onder in die put laat beland, in diepe duisternis.
8
U gramskap rus swaar op my, U laat al u golwe oor my breek. Sela
9
U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.
10
My oë is al dof van ellende; die hele dag deur roep ek na U, Here, en steek ek my hande in gebed na U uit.
11
Sal U met dooies 'n wonder laat gebeur? Kan gestorwenes opstaan en U loof? Sela
12
Word daar in die graf vertel van u troue liefde? Word daar in die plek waar almal vergaan, van u trou vertel?
13
Sal u wondermag ondervind word in die duisternis van die dood, u redding in die land van vergetelheid?
14
Ek roep na U om hulp, Here, vroeg in die môre al bid ek tot U.
15
Waarom verstoot U my, Here, waarom trek U U van my af terug?
16
Ek ly swaar, ek kwyn al weg van my jeug af. Dit is 'n swaar las waarmee U my teister. Ek weet geen raad meer nie.
17
U toorn rus op my, U tref my met skrik en vernietig my.
18
Dit bedreig my heeldag soos vloedwater, dit sak op my toe van alle kante af.
19
U laat my vriende en my bure ver van my af staan, die duisternis van die dood is my geselskap.
← Chapter 87
Chapter 89 →