bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 86
Psalms 86
Afrikaans 1983
1
'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm.
2
Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek.
3
Wees my genadig, Here, ek roep die hele dag deur na U.
4
Maak my bly, Here, ek hunker na U.
5
U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
6
Luister na my gebed, Here, gee tog ag op my smeekgebed.
7
Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.
8
Daar is geen god soos U nie, Here, niks kan met u werk vergelyk word nie.
9
U het al die nasies gemaak; hulle sal voor U kom buig, Here, en aan u Naam die eer gee,
10
want U is groot en doen magtige dade, U alleen is God.
11
Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien.
12
Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer,
13
want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered.
14
Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God, 'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak, mense wat met U nie rekening hou nie.
15
U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.
16
Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my.
17
Maak my 'n voorbeeld van u goedheid, sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesien dat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.
← Chapter 85
Chapter 87 →