bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 75
Psalms 75
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: op die wysie van “Moet dit nie verwoes nie!” 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2
Ons loof U, o God, ons loof U; U is by ons, u magtige dade moet bekend gemaak word.
3
“As die tyd vir my optrede aanbreek,” sê God, “oordeel Ek regverdig.
4
As die aarde met al sy bewoners sou wankel, dan grondves Ek hom weer stewig. Sela
5
Vir die hooghartiges sê Ek: Moenie hooghartig wees nie, en vir die goddelose: Moet jouself nie verhef nie!
6
Moet jou nie teen die hemel verhef en aanmatigende dinge sê nie.”
7
Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste of uit die woestyn nie!
8
Nee, dit is God wat verneder of verhef, Hy is die regter!
9
Daar is 'n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leegdrink.
10
Maar ék sal altyd getuig, altyd sing tot eer van die God van Jakob.
11
“Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,” sê God, “maar die regverdige sal Ek hoog verhef.”
← Chapter 74
Chapter 76 →