bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 76
Psalms 76
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2
God het Hom in Juda bekend gemaak, sy Naam is groot in Israel;
3
sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.
4
Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig, die aanval van die vyand afgeslaan. Sela
5
Die glans waarmee U verskyn het, was skitterender as dié op die hoogste berge.
6
Die dapper soldate van die vyand is in hulle slaap oorval en geplunder; nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.
7
Toe U ingegryp het, God van Jakob, was strydwa en perd daarmee heen.
8
As u toorn ontbrand, laat U die mens sidder en beef. Wie kan dan voor U staan?
9
Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak. Die mensdom het bang geword en stilgebly
10
toe God gekom het om te oordeel, om al die hulpeloses op die aarde te red. Sela
11
Ook die woede van 'n mens dien u lof, selfs die laaste reste van die woede gebruik U in u diens.
12
Bring aan die Here julle God die dankoffers wat julle belowe het! Almal rondom Hom moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende,
13
vir Hom wat die oormoed van maghebbers breek, vir Hom voor wie die konings van die aarde sidder.
← Chapter 75
Chapter 77 →