bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 53
Psalms 53
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Dawid.
2
Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie.
3
Van die hemel af kyk God die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.
4
Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard, daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie.
5
Julle wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet, en wat weier om God te dien — weet julle dan nie
6
dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, so vreeslik soos nooit tevore nie? God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi. Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.
7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer God die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.
← Chapter 52
Chapter 54 →