bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 52
Psalms 52
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Gedig van Dawid,
2
na aanleiding daarvan dat die Edomiet Doëg gekom en aan Saul vertel het: Dawid was in die huis van Agimelek.
3
Jy wat jou groot hou, jy spog verniet oor jou slegte dade! Onthou, God sorg altyd vir my.
4
Jy wil ander se ondergang bewerk, met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog.
5
Jy het die kwaad liewer as die goeie, en die leuen liewer as die waarheid. Sela
6
Jy saai graag verwarring met jou leuens!
7
Maar God sal jou vir altyd vernietig. Hy sal jou uitruk en wegsleep uit jou woonplek, Hy sal jou wegruk uit die land van die lewendes. Sela
8
As die regverdiges dit sien, sal hulle met ontsag vervul word en smalend van jou sê:
9
“Dis nou die man wat nie op God se krag wou steun nie, maar op sy eie rykdom vertrou het en hom sterk wou maak deur inhaligheid.”
10
Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.
11
Ek sal U altyd loof vir wat U gedoen het. Voor u dienaars sal ek u Naam prys, want U is goed.
← Chapter 51
Chapter 53 →