bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 54
Psalms 54
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier: met snarespel. 'n Gedig van Dawid,
2
na aanleiding daarvan dat die Siffiete gekom en vir Saul gesê het: Dawid kruip by ons weg.
3
Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur u krag.
4
Hoor my gebed, o God, luister na my woorde,
5
want vyande staan teen my op, geweldenaars soek my lewe, hulle hou geen rekening met God nie. Sela
6
Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.
7
Laat die onheil wat my teëstanders beplan, op hulleself neerkom. U is getrou: vernietig hulle.
8
Dan sal ek offers aan U bring, selfs meer as wat U vra, ek sal u Naam loof, Here, want U is goed,
9
U het my uit elke benoudheid gered en my oor my vyande laat triomfeer.
← Chapter 53
Chapter 55 →