bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 51
Psalms 51
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan
2
dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.
3
Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
4
Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!
5
Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.
6
Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.
7
Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.
8
Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
9
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees.
10
Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel.
11
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit!
12
Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.
13
Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
14
Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
15
Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.
16
Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.
17
Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.
18
'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U nie hê nie.
19
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
20
Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind: herbou tog die mure van Jerusalem.
21
Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U aanneemlik wees: offerdiere wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle weer bulle op u altare offer.
← Chapter 50
Chapter 52 →