bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 29
Psalms 29
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Prys die Here, julle hemelinge! Prys die Here om sy eer en mag!
2
Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning!
3
Die stem van die Here weerklink oor die waters. Dit is die magtige God wat die weer laat dreun; die Here self is op die groot waters!
4
Die stem van die Here is magtig, die stem van die Here is vol majesteit.
5
Die stem van die Here kloof die seders van die Libanon oop.
6
Hy laat die Libanon bokspring soos 'n kalf en die Sirjon soos 'n jong bees.
7
Die stem van die Here laat weerlig uitslaan.
8
Die stem van die Here laat die woestyn bewe. Die Here laat die Kadeswoestyn bewe.
9
Die stem van die Here laat die wildsbokke ruk van skrik; dit stroop die bosse kaal. In sy paleis roep almal uit: “Hoe geweldig!”
10
Die Here heers oor die watermassas, Hy heers vir altyd as koning.
11
Die Here gee krag aan sy volk; die Here seën sy volk met oorvloed.
← Chapter 28
Chapter 30 →