bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 28
Psalms 28
Afrikaans 1983
1
Van Dawid. Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende.
2
Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.
3
Moet my tog nie uitroei saam met die goddeloses, die mense wat onreg doen nie. Hulle praat vriendelik met hulle bure, maar daar is kwaadwilligheid in hulle harte.
4
Vergeld hulle volgens hulle dade en volgens hulle skandelike gedrag. Vergeld hulle volgens die werk van hulle hande en laat hulle kry wat hulle verdien,
5
want hulle let nie op die dade van die Here en op die werk van sy hande nie. Daarom sal Hy hulle afbreek en nooit weer opbou nie.
6
Aan die Here kom die lof toe, want Hy het my smeekstem gehoor.
7
Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
8
Die Here is 'n sterkte vir sy volk, 'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
9
Red u volk en seën dié wat aan U behoort; wees vir hulle 'n herder en sorg altyd vir hulle.
← Chapter 27
Chapter 29 →