bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 30
Psalms 30
Afrikaans 1983
1
'n Psalm. 'n Lied vir die inwyding van die tempel. Van Dawid.
2
Ek wil u lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees oor my nie.
3
Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak.
4
Here, U het my gered van die doderyk, my aan die lewe gehou toe ek al op pad was na die dood toe.
5
Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!
6
Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.
7
Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê: “Niks sal my ooit laat wankel nie.”
8
Deur u goedheid het U my op 'n veilige berg laat staan, Here. Maar toe U U aan my onttrek het, het ek baie bang geword.
9
Ek het na U geroep, Here. Ek het U om genade gesmeek:
10
“Watter voordeel is daar in my ondergang as ek die graf moet ingaan? Kan stof U loof? Kan dit u trou verkondig?
11
Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!”
12
Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.
13
Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof!
← Chapter 29
Chapter 31 →