bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 15
Psalms 15
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef?
2
Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat,
3
nie kwaad praat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie;
4
hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,
5
sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie.
← Chapter 14
Chapter 16 →