bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 14
Psalms 14
Afrikaans 1983
1
Vir die koorleier. Van Dawid. Die dwaas dink daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir die Here. Daar is nie een wat goed doen nie.
2
Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra.
3
Almal het afgedwaal, die laaste een het ontaard; daar is niemand wat goed doen nie, selfs nie één nie.
4
Julle almal wat onreg pleeg, wat my volk opeet asof julle brood eet en wat weier om die Here te dien — weet julle dan nie
5
dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie? Omdat God aan die kant van die regverdiges is,
6
sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toevlug.
7
Ag, mag daar tog uit Sion vir Israel redding kom! Wanneer die Here die lot van sy volk verander, sal Jakob juig, sal Israel bly wees.
← Chapter 13
Chapter 15 →