bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 16
Psalms 16
Afrikaans 1983
1
'n Gedig van Dawid. Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.
2
Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.
3
Die afgode in die land, so aantreklik vir baie — met hulle wil ek niks te doen hê nie.
4
Mag elkeen wat 'n ander god vereer, baie smart beleef. Vir afgode sal ek nie bloedoffers uitgiet nie, hulle name sal ek nie op my lippe neem nie.”
5
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.
6
'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
7
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer.
8
Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.
9
Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig.
10
U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
11
U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
← Chapter 15
Chapter 17 →