bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 142
Psalms 142
Afrikaans 1983
1
'n Gedig van Dawid, na aanleiding van sy verblyf in die spelonk. 'n Gebed.
2
Ek roep na die Here om hulp, ek smeek die Here om genade,
3
ek stort my klag voor Hom uit en vertel Hom van my nood.
4
Ek het alle moed verloor, U weet wat ek moes deurmaak. Op die pad waar ek loop, het hulle vir my 'n strik gestel.
5
Ek soek hulp, maar niemand wil help nie, daar is vir my geen vlugkans nie en niemand gee vir my om nie.
6
Ek roep na U om hulp, Here, ek sê: “U is my toevlug, buiten U het ek geen deel in die land van die lewendes nie!
7
Luister tog na my hulpgeroep, want ek is magteloos. Red my van my vervolgers, want hulle is te sterk vir my.
8
Bevry my uit my gevangenskap, dat ek u Naam kan loof. Die regverdiges sal dankbaar om my kom staan wanneer U aan my goed doen.”
← Chapter 141
Chapter 143 →