bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 141
Psalms 141
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Ek roep na U, Here, kom tog gou na my toe, luister tog na my, ek roep na U.
2
Mag my gebed voor U wees soos 'n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos 'n graanoffer in die aand.
3
Sit 'n wag voor my mond, Here, hou tog wag oor wat ek sê.
4
Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge, dat ek nie in sonde verval saam met manne wat onreg doen nie, en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.
5
'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys, maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie, want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.
6
As hulle leiers van 'n krans afgegooi word, sal hulle my hoor sê: “Goed so!”
7
Soos 'n land vol kluite lê as die ploeër dit oopbreek, so sal hulle bene versprei lê by die bek van die doderyk.
8
Op U, Here my God aan wie ek behoort, is my oë gerig, by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie.
9
Beskerm my teen die strik wat hulle vir my gestel het, teen die valstrikke van dié wat onreg doen.
10
Laat die goddeloses gevang word in hulle eie nette, maar laat my ongedeerd verbykom.
← Chapter 140
Chapter 142 →