bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 143
Psalms 143
Afrikaans 1983
1
'n Psalm van Dawid. Hoor my gebed, Here, luister tog na my smeking. U is getrou en regverdig, antwoord my tog!
2
Moet tog nie 'n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!
3
'n Vyand vervolg my, hy trap my in die grond, hy hou my gevange in die donker. Ek is soos iemand wat lankal dood is.
4
Ek het alle moed verloor, ek is verslae.
5
Ek dink aan die verre verlede, ek peins oor alles wat U gedoen het en oor die werk van u hande dink ek na.
6
Ek strek my hande uit in gebed na U toe, ek is voor U soos 'n uitgedorde land. Sela
7
Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie.
8
Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.
9
Red my van my vyande, Here, want by U skuil ek.
10
Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.
11
Ter wille van u Naam, Here, laat my lewe. U is regverdig, red my uit die nood.
12
Vernietig in u trou my vyande, laat al my teëstanders omkom, want ek is u dienaar.
← Chapter 142
Chapter 144 →