bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 138
Psalms 138
Afrikaans 1983
1
Van Dawid. Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot u eer dat ek sing.
2
Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.
3
Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.
4
Al die konings van die aarde sal U loof, Here, wanneer hulle u woord hoor,
5
hulle sal sing oor wat die Here gedoen het, want die mag van die Here is groot.
6
Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.
7
As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my.
8
Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.
← Chapter 137
Chapter 139 →