bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 137
Psalms 137
Afrikaans 1983
1
By die riviere van Babel, daar het ons gesit, en ons trane het gevloei as ons aan Sion dink.
2
Aan die wilgerbome in daardie land het ons ons liere opgehang
3
toe dié wat vir ons gevange weggevoer het, ons gevra het om 'n lied te sing, toe dié wat vir ons leed aangedoen het, van ons vrolikheid wou hê: “Sing vir ons 'n lied oor Sion!”
4
Hoe kan ons die lied van die Here sing in 'n vreemde land?
5
As ek jou sou vergeet, Jerusalem, mag my regterhand dan verlam raak.
6
Mag my tong aan my verhemelte vaskleef as ek aan jou nie dink nie, as Jerusalem nie my grootste vreugde bly nie.
7
Onthou die Edomiete, Here, die dag toe Jerusalem ingeneem is, hoe hulle aangehou het met sê: “Breek af, breek af die stad tot op sy fondamente!”
8
Dat jy verwoes sal word, Babel, is seker. Gelukkig is die man wat jou terugbetaal vir wat jy ons aangedoen het!
9
Gelukkig is hy wat jou babatjies gryp en teen 'n klip verbrysel.
← Chapter 136
Chapter 138 →