bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 128
Psalms 128
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen.
2
Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
3
Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!
4
Kyk, so word die man geseën wat die Here dien.
5
Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe,
6
en dat jy jou kindskinders mag sien. Mag daar vir Israel vrede wees!
← Chapter 127
Chapter 129 →