bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 127
Psalms 127
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.
2
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite 'n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
3
Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee.
4
Soos pyle in die hand van 'n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was.
5
Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het! Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.
← Chapter 126
Chapter 128 →