bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 129
Psalms 129
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Hulle het my van jongs af swaar verdruk, dit moet Israel sê,
2
hulle het my van jongs af swaar verdruk, maar hulle kon my nie onderkry nie.
3
Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak en daar lang vore op getrek.
4
Die Here is regverdig, Hy het die bande losgesny waarmee die goddeloses my gebind het.
5
Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,
6
mag hulle wees soos gras op 'n dak: dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het
7
en daar is niks om af te sny en in bondels weg te dra nie.
8
Niemand wat daar verbygaan, sal die groet: “Die Here het julle geseën, ons seën julle in die Naam van die Here,” kan uitspreek nie.
← Chapter 128
Chapter 130 →