bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 126
Psalms 126
Afrikaans 1983
1
'n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos 'n droom.
2
Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3
Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.
4
Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander.
5
Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6
Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.
← Chapter 125
Chapter 127 →