bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 113
Psalms 113
Afrikaans 1983
1
Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here!
2
Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.
3
Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die Here geprys word!
4
Hoog bo al die nasies heers die Here, sy mag strek selfs oor die hemele.
5
[5-6] Wie in die hemel of op die aarde is soos die Here ons God, wat hoog woon en hier onder alles sien?
6
***
7
Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan
8
om hom by vernames te laat sit, by die vernames van sy volk.
9
Aan die kinderlose skenk Hy 'n huisgesin, sy word 'n gelukkige moeder van kinders. Prys die Here!
← Chapter 112
Chapter 114 →