bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 114
Psalms 114
Afrikaans 1983
1
Toe Israel uit Egipte getrek het, toe die nageslag van Jakob getrek het, weg van die volk met die onverstaanbare taal af,
2
het Juda sy gewyde besit geword en Israel sy magsgebied.
3
Die see het dit gesien en op die vlug geslaan, die Jordaan het teruggedraai,
4
die berge het rondgespring soos ramme, die rante soos lammers.
5
Wat is dit met jou, see, dat jy op die vlug slaan, wat is dit, Jordaan, dat jy terugdraai,
6
berge, dat julle soos ramme rondspring, en julle, rante, soos lammers?
7
Bewe, aarde, as die Here verskyn, as die God van Jakob verskyn,
8
Hy wat rots in waterkuile verander, harde klip in fonteine.
← Chapter 113
Chapter 115 →