bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 112
Psalms 112
Afrikaans 1983
1
Prys die Here! Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.
2
Sy nageslag is 'n sterk krag in die land, die geslag van die opregte word geseën:
3
daar is oorvloed en rykdom in sy huis. Wat hy doen, is reg en blywend:
4
hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig.
5
Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree.
6
Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.
7
Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie, hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8
Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie: hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.
9
Hy gee mildelik vir die armes. Wat hy doen, is reg en blywend. Hy geniet hoë aansien.
10
Die goddelose sien dit en raak ontsteld, hy kners op sy tande van magteloosheid. Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.
← Chapter 111
Chapter 113 →