bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 111
Psalms 111
Afrikaans 1983
1
Prys die Here! Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente.
2
Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na.
3
Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.
4
Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Genadig en barmhartig is die Here.
5
Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand.
6
Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee.
7
Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas,
8
hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid.
9
Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag.
10
Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.
← Chapter 110
Chapter 112 →