bible
ra
🌐 Language
English
Español
Français
Deutsch
Português
Italiano
Nederlands
Русский
中文
日本語
한국어
العربية
Türkçe
Tiếng Việt
ไทย
Indonesia
All Languages
Home
/
Afrikaans
/
Afrikaans 1983
/
Psalms 110
Psalms 110
Afrikaans 1983
1
Van Dawid. 'n Psalm. Die Here het vir my heer die koning gesê: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”
2
As die Here die septer, simbool van u mag, uit Sion aan u oorhandig, heers dan oor u vyande!
3
U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster. U jongmanne is u krag as hulle teen dagbreek aantree, geklee vir die heilige stryd.
4
Die Here het 'n eed afgelê en Hy sal dit nie herroep nie: “Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek.”
5
Die Here gee u die oorwinning, Hy verdelg konings die dag as Hy sy toorn laat losbreek.
6
Hy straf die nasies, Hy verdelg hulle leiers, Hy laat die wêreld vol lê van hulle lyke.
7
Die koning drink water uit die stroom langs die pad, hy sal die oorwinning behaal.
← Chapter 109
Chapter 111 →