Zechariah 14:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle sal vlug na die dal van die berge; want die dal van die berge sal reik tot by Asal, ja, julle sal vlug soos julle gevlug het voor die aardbewing in die dae van Ussia, die koning van Juda, en die HERE my God sal kom, en al die heiliges saam met jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sal deur hierdie vallei vlug, want dit sal tot by Asal strek. Ja, julle sal vlug soos julle vir die aardbewing gevlug het in die tyd van koning Ussia van Juda. Dan sal die Here my God kom en al die heiliges saam met Hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal vlug in die dal van my berge -- want die dal van die berge sal loop tot by Asal -- en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Uss¡a, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U! |
| Afrikaans 1983 | Julle sal deur die kloof in my berg vlug, want die kloof sal strek tot by Asal. Julle sal vlug soos julle vir die aardbewing gevlug het in die tyd van koning Ussia van Juda. Dan sal die Here my God kom, en al die hemelwesens sal by jou wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal vlug na die vallei tussen my berge, want die vallei tussen die berge sal tot by Asal strek. Julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussia, die koning van Juda. Dan sal die Here my God kom en al die heiliges sal saam met Hom wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die kloof sal wees tot by die stad Asal. Die mense van Jerusalem sal deur die kloof vlug soos hulle gevlug het toe daar 'n aardbewing was in die tyd toe Ussia die koning van Juda was. Dan sal my God die Here kom, en die engele sal saam met Hom kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle sal deur hierdie kloof in die berg ontsnap en tot so ver as die sykant van die berg kan gaan. Julle sal moet vlug net soos julle vroeër in koning Ussia van Juda se tyd vir die aardbewing moes vlug. Dan sal die Here wat my God is, kom en al die hemelwesens saam met Hom. |