Song of Solomon 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat die dag aanbreek en die skaduwees wegvlug, draai om, my geliefdes, en wees soos 'n gemsbok of 'n jong takbok op die berge van Beter. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | totdat die dag verby is en die skaduwees lank geword het. Kom terug na my toe, my liefling. Kom maak soos ’n ribbok, soos ’n jong takbok op die Beterberge.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding. |
| Afrikaans 1983 | tot die aandwind begin waai en die skaduwees lank word. Kom terug, man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok, soos 'n takboklam op die Beterberge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Totdat die dag begin asemhaal en die skaduwees vlug: Draai om, my liefste, wees soos 'n ribbok, soos 'n jong rooitakbok op die tweelingheuwels. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | totdat die aandwind waai en die skaduwees weg is. Jy, man vir wie ek lief is, jy moet terugkom, jy moet wees soos 'n gasel, soos 'n jong takbok op die Beter-berge.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eers as die aandwind opsteek en die skadu’s verdwyn, kom hy weer terug. Kom, my liefling, kom gou weer soos ’n jong bokkie en ’n bergbok oor die ruwe berge na my. |