Romans 15:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit het hulle waarlik behaag; en hulle is hulle skuldenaars. Want as die heidene deelagtig geword het aan hulle geestelike dinge, is hulle plig ook om hulle in vleeslike dinge te bedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het dit gedoen onder die besef dat hulle so baie aan daardie gelowiges verskuldig is. Omdat die Joodse gelowiges bereid was om soveel geestelike seëninge met die nie-Joodse nasies te deel, is die minste wat hulle kan doen om die Joodse gelowiges met materiële dinge te help. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het self so besluit, en hulle is dit buitendien ook verskuldig, want as die gelowiges uit die Jode hulle geestelike rykdom met die heidennasies gedeel het, is die gelowiges uit die heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om hulle met stoflike hulp by te staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het dit goedgevind, en was dit bowendien aan die heiliges verskuldig. As die heidene in hulle geestelike seëninge gedeel het, is hulle dit tog ook aan die heiliges in Jerusalem verskuldig om hulle met materiële seëninge te bedien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die gelowiges in Masedonië en Agaje is heidene en die gelowiges in Jerusalem is Jode. Nou stuur die heidene vir die Jode geld, en dit is reg, want die Heilige Gees het vir die Jode baie goeie dinge gegee, en die heidene het ook daarvan gekry. Daarom is dit reg dat die heidene vir die Jode van hulle geld stuur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het hierdie liefdesdiens met groot geesdrif onderneem. Eintlik is dit ook hulle plig om die gelowiges in Jerusalem te help. Hulle het immers groot geestelike geskenke van daar af ontvang. Die goeie nuus oor Jesus Christus het mos van Jerusalem af na die hele wêreld toe uitgekring. Daarom is dit ook net reg dat die Christene van Masedonië en Agaje hulle geld met die arm gelowiges in Jerusalem deel. |