Revelation 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het die dooies, klein en groot, voor God sien staan; en die boeke is geopen, en 'n ander boek is geopen, dit is die boek van die lewe; en die dooies is geoordeel uit wat in die boeke geskrywe is, volgens hulle werke.
Afrikaans (NLV) 2011 Die stad het ook ’n groot en hoë muur gehad waarin twaalf poorte was. By die poorte is daar twaalf engele, met twaalf name op die poorte gegraveer; dit is die name van die twaalf stamme van Israel.
Afrikaans 1933/1953 En dit het 'n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik die van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Afrikaans 1983 Die stad het 'n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die stad het ook 'n groot en hoë muur met twaalf poorte, en by die poorte is daar twaalf engele. Op die poorte is name gegraveer, die name van die twaalf stamme van die kinders van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die stad het 'n groot, hoë muur gehad. In die muur was twaalf poorte. By die twaalf poorte was twaalf engele, en op die poorte was die name van die twaalf stamme van die Israeliete geskryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rondom die stad was ’n hoë, dik muur.