Psalms 68:36 — Compare Translations

5 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (NLV) 2011 God wek ontsag in sy heiligdom. Hy is die God van Israel. Vir sy volk gee Hy mag en sterkte. Laat God verheerlik word.
Afrikaans 1983 God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God wek ontsag in jou heiligdomme, Israel; die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan die volk. God moet geprys word!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, wanneer U uit u tempel kom, dan bewe ons. Ons sê: “Hy is die God van Israel, Hy gee vir ons krag, Hy maak die volk sterk. Ons prys God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal bewe as Hy uit sy woonplek kom! Hy is Israel se God, Hy maak sy kinders sterk. Hy sorg vir elkeen wat voor Hom buig. God moet geloof word, nou en vir altyd!